Rentekoerse daal verder

Die Suid Afrikaanse Reserwebank se Monitêre Beleid Komitee het aangekondig dat die rentekoers verder verlaag word.

Die rentekoers het in die afgelope maande sedert die koronavirus pandemie Suid Afrika getref het, kort-kort ’n verlaging ondergaan, en het met 275 basis punte verlaag.

Die repo koers is met 25 basispunte verminder, en ekonome reken die koers kan in Augustus nog verder verminder word.

Die woordvoerder van die Reserwebank het gewaarsku dat die Bank se beweegruimte nou verskraal het om verdere verlagings te oorweeg.

Die SA Reserwebank se verwagting dat die repo koers bo die 3% vlak sou bly vir die komende drie jaar, sê die druk bestaan vir ’n verdere verlaging wat moeilik oorweeg sal word.