Regering moet doelgerig wees

Die regering is besig met verskillende projekte om die pandemie se negatiewe uitwerking op die ekonomie te probeer keer, maar die belangrikste word nie aangespreek nie, se ekonomiese kenners.

Die talle mense wie se inkomste as werkers verminder of selfs vernietig is, kan deur middel van die Noodfonds aangevul word, en sal die land vir ’n jaar lank sowat R140 miljard kos. Dit sal egter bydrae tot die herstel van die ekonomie, want die geld sal aangewend word om weer werk te kry of ’n eie werk te vestig, wat ook ’n belasting voordeel vir die staatskas sal wees.

Die Eskom netwerk moet van sy “siekte” genees word,, en die koms van die Duitse ingenieurs kan ’n beduidende rol vervul om dit werklikheid te maak.

Die tweede stap met Eskom is dat die entiteit uit die hande van die staat gehaal moet word en as ’n private maatskappy bedryf word sodat volhoubaarheid in kragvoorsiening verseker word.

Die regering behoort ook spesiale uitvoer maatreëls in plek te kry wat sal verseker dat die vervaardigers en die landbouers ’n sekerheid het dat hulle produkte teen die vinnigste metode na hulle bestemming versend kan word.

Indien die drie aspekte konsekwent ingestel word, sal buitelandse kapitaal invloei, Eskom sal sekerheid bied aan nyweraars en sakemanne, en diegene wat hulle werk verloor het, sal met groter vertroue weer op die been gebring word.