Ramaphosa verloor teen Cele

Die aankondiging van Sondagaand wat deur president Ramaphosa gemaak is, word algemeen beskou as ’n oorwinning vir sy teenstanders in die kabinet.

Die twee hoof ministers wat gekant is teen die verkoop van alkohol, Minister Cele van die Polisie, en minister Dlamini-Zuma, het hierdie rondte weer gewen, word gesê.

Die beskuldiging word gemaak dat die ANC president nie wou luister toe gewaarsku is dat alkohol verkope gaan lei tot grootskaalse verspreiding van die nuwe koronavirus nie.

Nou word gesê die president skarrel terug en plaas weer ’n vebod op die verkoop daarvan terwyl die grootse skade klaar aangerig is.

Opposisie lede vra waarom die blaam nou op die publiek geplaas word vir die hoe syfers van infeksie terwyl die verkoop van alkohol nooit toegelaat moes word nie.

“Het enige ander land se president sy burgers beskuldig vir die verspreiding van virus infeksie soos wat die president van SA nou gedoen het, is gevra.