Ramaphosa se woordvoerder word ondersoek

Khusela Diko

Khusela Diko, die amptelike woordvoerder van die ANC se president, Cyril Ramaphosa, is verwyder uit haar pos vir ’n onbepaalde tyd, en dit word voorgehou asof sy met verpligte verlof is.

Bewerings word gemaak dat die vertroueling van die president by ’n korrupsie skandaal van nepotisme betrokke kan wees.

Die skandaal wat glo verband hou met ’n tender van R125 miljoen toegeken aan Diko se eggenoot, Madzikane II Thandisizwe Diko, het nou op die lappe gekom en kan verrykende gevolge inhou wat selfs die president kan benadeel.

Die regering het glo agter die skandaal gekom toe goedere voorsien moes word aan die Gesondheid Departement van Gauteng.

Die korrupsie voorval is volgens waarnemers ook ’n uitstekende geleentheid om die president te toets wat onlangs sterk te velde getrek het teen diegene wat korrupsie pleeg met Covid-Noodfondse en gesê diegene wat hulle daaraan skuldig maak, saal nie sonder behoorlike straf gelaat word nie.