Proteïen genees Covid virus infeksie

Etlike maande gelede het Die Vryburger rapporteer van ’n middel wat getoon het dat dit hoogs effektief is om infeksie van die nuwe  koronavirus te beveg.

Toetse is intussen gedoen wat toon dat die sterftes met soveel as 80% kan verminder met die nuwe medikasie wat as behandeling gebruik word.

Alhoewel nog toetse gedoen moet word, blyk dit ’n uiters doeltreffende middel te wees wat proteïen in die mens se longe kry, en wat in werklikheid ’n natuurlike manier is van die liggaam se teenliggaampies wat net versterk word om die geveg te wen teen die virus.

Die volle toets resultate is nog nie beskikbaar nie, maar alles dui daarop dat die middel met sukses gebruik kan word om mense met infeksie te behandel, en daarmee die sterfte syfers dramaties te laat daal.