Poetin wen Russiese referendum

Poetin stem

Soos algemeen verwag is, het die Russiese president, Vladimir Poetin, die referendum gemaklik gewen wat handel oor die grondwetlike veranderings wat nou in die land van krag sal word.

Ingevolge die nuwe bepalings van die land se grondwet, sal president Poetin daarop geregtig wees om weer as kandidaat te staan vir die volgende termyn as president.

Die referendum uitslag het getoon dat dat diegene ten gunste van die grondwet veranderings gestem het, net ’n oorweldigende steun die grondwetlike veranderings verkies het.

Ingevolge die wysigings kan president Poetin nou regeer tot die jaar 2036 en met die referendum wat ’n 77% steun daarvoor gegee het, kan verwag word dat Vladimir Poetin nog baie jare in die wêreldpolitiek teenwoordig sal wees.