Planne in plek om skole te heropen

Planne is besig om vorm aan te neem by die Departement van Onderwys wat dit klaarblyklik in die oog het om die skole se ander Grade leerlinge terug te kry op die skoolbanke.

Die ongewilde Minister van Basiese Onderwys se Departement reken die Grade 1,2,3,6,10 en 11 moet gereedmaak om die skoolbanke te trotseer.

Met ’n dramatiese styging in die aantal nuwe infeksies bestaan daar ernstige kommer oor die leerlinge se veiligheid.

Vroeër in Junie het Grade 7 en 12 se leerlinge die skool besoek, en dit het uiteindelik daartoe gelei dat meer as 100 skole verplig was om hulle deure te sluit weens virus infeksie.

Nagenoeg 55% van skole se leerlinge sal dan terugkeer, terwyl die land se nuwe infeksie gevalle duisende per 24 uur tydperk is.

Daar bestaan onsekerheid of die maatreëls sodanig sal wees dat dit nie sal lei tot die sluiting van baie skole soos wt gerapporteer is nie.