Plaasaanval eis drie lewens

In ’n plaasaanval wat vermoedelik deur ’n groep swartmense uitgevoer is, is drie mense gesoek waarvan slegs een se liggaam later opgespoor is.

Die drie mense, ’n 83 jarige boer, sy 78 jarige vrou en hulle 50 jaige dogter se liggame is sedert die naweek gesoek nadat vasgestel is dat hulle in ’n plaasaanval betrokke was.

Die eienaars se twee motors, ’n Nissan en Mazda is ook weg, en vrae ontstaan of die ander twee van die gesin nog lewe.

’n Uitgebreide soektog in die Hartswater omgewing waar die aanval was, word nou deur vrywilligers en die polisie gedoen met die hoop om leidrade te vind en die moordenaars opgespoor te kry.

Die name van die drie slagoffers mag nog nie bekend gemaak word nie.