Plaasaanval: Al drie liggame gevind

Die drie liggame is gevind wat in ’n plaasaanval verwyder is deur hulle moordenaars en die polisie het ook daarin geslaag om van die ses aanvallers vas te trek.

Aanvanklik is net die liggaam van die twee bejaarde egpaar se dogter, Elzabie Brand opgespoor in die veld ten noorde van Hartswater.

Die liggame van die ontvoerde ouers en bewoners van ’n kleinhoewe is eers later die dag gevind nadat ’n uitgebreide soektog onderneem is.

Vyf vermeende terroriste is opgespoor en gearresteer, maar een is nog op die vlug vir die polisie, en is vermoedelik nog in die Noord Kaap provinsie.

Die bejaarde Danie Brand (83) en sy eggenote, die 73 jarige Breggie het saam met hulle dogter op die kleinhoewe naby Hartswater gewoon en ’n stil en rustige lewe gevoer.

Hulle skoonseun het later gesê die polisie het wel die liggame gevind, maar sy geliefde familielede is weg uit die samelewing.