Pandemie en korrupsie ewe skadelik

Suid-Afrika se stryd teen die Covid-19 pandemie strek oor etlike maande, en die lenings wat aangegaan is om mense finansieel te ondersteun, moet terugbetaal word, en dit kan ’n jaar of tien duur.

Maar kenners sê dit is ’n oorkomelike skuldlas wat met goeie landsbestuur afgehandel kan word, maar die korrupsie in die land gaan heel moontlik nooit eiende kry nie, word gesê.

Daar is l mense en instansies wat sê as ’n Covid-19 Noodfonds geregverdig kan word, dan moet daar ook regverdiging wees vir die oprigting van ’n Korrupsie Fonds.

Die Pandemie Noodfonds word tans ondersoek vir moontlike ongerymdhede soos wat ondervind is met die kospakkies wat nie die regte bestemmings bereik het nie maar sommer aan vriende en familie uitgedeel is.

Parlementslede vra dat ondersoeke na korrupsie verskerp en uitgebrei moet word, maar dit wil lyk of die omvang van tender bedog en ander gevalle van wetsoortredings so lywig is dat die infrastruktuur van die vervolgers hoegenaamd nie by alles uitkom nie.