Openbare skole in chaos

Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, het inligting bekend gemaak aangaande skole se heropening en die huidige stand van skole in die algemeen.

Motshekga moes erken dat baie skole gesluit moes word as gevolg van infeksie en talle onderwysers, werkers en leerlinge het infeksie opgedoen wat skole verplig het om die 14 dae tyd van sluiting te gehoorsaam.

Sy sê ’n aantal skole moes sluit terwyl slegs Graad 7 en Graad 12 leerlinge toegelaat is, en waarnemers reken dit is ’n ernstige saak want met die beplande toelating van meer grade se kinders, word die risiko veel groter.

Sy sê 968 skole moes op ’n stadium sluit weens die teenwoordigheid van koronavirus infeksie en 2,400 onderwysers en 1,260 leerlinge het infeksie opgedoen.

Gister (6 Julie) het Grade 6 en 11 se leerlinge teruggekeer en daarna sal die terugkeer van ander grade geleidelik infaseer word.

Graad R kinders wat reeds in die skool is, kan daarmee voortgaan en die Grade 1,2,3 en 10 se leerlinge sal later toegelaat word.