Oorskot van Russiese Tsaar gevind

Na dekades van geheimhouding en onsekerheid, het die Russiese Ondersoek Komitee tot die gevolgtrekking gekom dat die oorskot van Nicholas 11 en sy hele familie gevind is.

Die Tsaar en sy familie is gedurende die Russiese revolusie om die lewe gebring, en die liggame verwyder sonder om bekend te maak waar dit begrawe is.

Die oorskot van die familie is in ’n woud wat naby aan die Russiese stad Yekaterinburg geleë is, en wat aan die Russiese Tsaar Nicholas 11 behoort het.

Die Ondersoek Komitee het nadat die oorskot van die familie gevind is, minstens 37 verskillende forensiese ondersoeke laat doen om seker te maak van hulle feite.

Die bevindinge van die Komitee is later bevestig dat dit wel die oorskot is van die Tsaar en sy familie, en word algemeen beskou as ’n finale antwoord op die tergende vraag wat by Rusland se historici gespook het.

Die familie is uitgewis tydens ’n teregstelling deur die vegters in die Russiese revolusie van 1918.