Ondersoek kom na R500 miljard COVIC-Fonds

Die R500 miljard Covid-Fonds wat bedoel is vir die hulp aan mense in nood weens die koronavirus pandemie se inperkings, gaan glo ondersoek word vir moontlike ongerymdhede.

Die Fonds wat deur die ANC se president, Cyril Ramaphosa in April aangekondig is, word glo onderwerp aan ondersoeke wat moontlike korrupsie en diefstal inhou.

Die Vryburger het vroeg reeds gewaarsku dat die moontlikheid bestaan dat die geld, wat ten duurste bekom is, deur diewe geplunder kan word.

Intussen is ’n koor van protes hoorbaar van mense en instellings wat skree dat daar korrupsie, geldwassery, diefstal en ander ongerymdhede in die Covid-Fonds bestaan.

Vroeër is berig van diewe wat op verskeie plekke toegeslaan het en an die Covid-geld gesteel het, maar die grootste kommer is blykbaar oor moontlike korrupsie wat nie altyd vinnig opgespoor kan word nie.

Die SA Spesiale Beleggings Eenheid het bevestig dat hulle getaak is om die Covid-19 Fonds te ondersoek.