Olieprys wankel weens virus styging

Die olieprys het die afgelope paar dae op die wereld markte ietwat teruggesak weens die stygende tendens oor groot dele van die wereld van koronavirus verspreiding.

Met meer as 12 miljoen mense wat infeksie opgedoen het, en ’n ooglopende styging in gevalle, veroorsaak dat die oor sensitiewe olie mark weer begin wankel en laer neig.

Alhoewel die markte en prys verskillend vertoon oor die wereld, sukkel die mark om op die $40 merk te bly, wat waarskynlik nog ’n tyd lank sy wipplank ryery sal voortsit.

Die markte bly onseker en die Covid effek is waarskynlik die hoof oorsaak daarvoor, maar intussen kan geleidelike stygings in die brandstof prys verwag word.