Nzimande se kontrak verduideliking

Minister Nzimande

Ekonome het gal gebraak oor die verduidelikings van minister Blade Nzimande wat hy gegee het met betrekking tot ’n kontrak vir rekenaars wat die staat moet aankoop.

Die minister het aan die media gesê die kontrak mag slegs toegeken word aan ’n maatskappy wat gekoppel is aan die Swart Ekonomiese Bevoordeling (SEB) stelsel.

Dit is egter nie al wat die minister verduidelik het nie, want hy wou baie seker maak dat die nuwe apartheid tot uitvoer gebring word, en bygevoeg dat instansies wat tender vir die kontrak, moet ’n meerderheid van swartmense in die maatskappy hê, en dit geld ook vir sub-kontrakteurs wat daarvoor sou tender.

Intussen het ’n eienaar van ’n maatskappy aan Die Vryburger gesê die minister het ’n foutjie gemaak, want sy maatskappy sou minstens 300 rekenaars gratis gelewer het, maar omdat net SEB maatskappye mag tender, sal hy nie ’n enkele sent skenk nie.