Nuusflitse

Geweldenaars doodgeskiet

’n Groep gewapende geweldenaars wat ’n kerk in Centurion aangeval het, het egter ’n bloutjie geloop nadat twee van die aanvallers doodgeskiet is en ’n derde swaar geword is maar tog daarin geslaag het om te ontsnap. Die skurke is deur ’n burgerlike geskiet wat homself bekwaam bewys het met die hantering van ’n vuurwapen.

Staatskaping

Die aanhoor van verskillende getuies word glo die week hervat in die uitgerekte saak voor die Kommissie oor Staatskaping, en ’n voormalige minister van polisie, Nkosinathi Nhleko, sal ook getuienis lewer.

Minister uit hospitaal

Die ANC minister, Gwede Mantashe, is ontslaan uit die hospitaal nadat hy twee weke gelede opgeneem is na hy positief getoets is vir die nuwe koronavirus, maar of sy vrou wat ook positief getoets is, al gesond is kon nie vasgestel word nie.

Cosas dreig met optrede 

Die studente vakbond Cosas het gedreig om privaat skole tot sluiting te dwing nadat die ANC regering besluit het dat openbare skole vir ’n maand moet sluit maar dat privaatskole kan voortgaan met hulle werk. Die vakbond sê hy is van plan om die privaatskole regoor die land te sluit as die regering nie ’n ander besluit neem nie.