Noord-Korea het talle seniors afgedank

Die kommunistiese leier van Noord-Korea, Kim Jong-Un, het glo verskeie van die senior werkers van sy land se gesondheidsdienste afgedank.

Die senior lede wat betrokke is by die oprigting van ’n nuwe hospitaal wat bedoel is vir pasiënte wat virus infeksie opgedoen het, is summier afgedank.

Die optrede van die leier het met ’n ompad in die nuus bekend geword en die verbasing is uitgespreek daaroor aangesien sulke gebeure nie deur die land se staatsbeheerde media bekend gemaak word nie.

Die nuwe hospitaal word opgerig in opdrag van Kim Jong-Un, en moet dien as deel van die viering van die 75 ste bestaansjaar van die regerende Werkers Party.

Met Kim se jongste besoek aan die bouperseel het hy ’n groep van die projekbestuurders summier afgedank omdat hulle klaarblyklik nie toegelaat het vir ’n behoorlike begroting om voorsiening te maak vir bepaalde toerusting en materiaal nie.