Nog ’n Franse katedraal brand

Brandweer personeel het ure lank ’n verbete stryd gevoer om ’n brand wat Saterdag uitgebreek het in die katedraal van Nantes.

Die brand wat vroeg oggend waargeneem is in die stad Nantes se katedraal, is inderhaas deur brandweer personeel bestry om die gebou wat uit die 15 de eeu dateer, te red van vernietiging.

Die ramp volg slegs ’n jaar nadat die beroemde Notre Dame katedraal in Parys ernstig beskadig is in ’n brand.

Cecile Renaud, ’n werker by ’n bakery aan die oorkant van die katedraal in Nantes, was die eerste om alarm te mak van die brand wat danksy die parate brandweer, vinnig op die toneel was.

Dit is egter nie die eerste keer dat die katedraal in ’n brand was nie, want gedurende 1972 het ’n brand groot skade aan die plafon en dak veroorsaak wat gelukkig goed herstel kon word.