Nagklub word kruidenierswinkel

In die hoofstad van die Suid-Amerikaanse staat Peru, het ’n eienaar van ’n groot nagklub sy onderneming blitsvinnig omgeskakel na ’n kruidenierswinkel om die inperkings tydperk te oorleef weens die pandemie.

Die “nagklub” kruidenierswinkel kon binne enkele dae sy deure wettg open vir sake, en die afgelope paar dae ’n enorme omset gehad van mense wat die voormalige nagklub eienaar wou ondersteun.

Die dansvloer is nou met rakke vol voorraad kruideniersware en waar die dobbeltafel was, is nou ’n aantal kasregisters opgestel.

Drag queen Belaluh McQueen se deure is oop om kruideniersware te verkoop, maar die welbekende nagklub se naam en personeel is almal daar, en elkeen leer elke dag iets nuut oor hoe ’n kruidenierswinkel bedryf word.