Naelskraap wen in Noord-Masedonië

Die klein Balkanstaat, Noord-Masedonië, se pas afgelope verkiesing het gesorg vir ’n naelskraap oorwinning van die gematigde linkses.

Die Sosiale Demokrate het net-net meer stemme op hom verenig as die konserwatiewes,  maar nou is daar ’n ernstige fase van onderhandelings onder die partye om ’n moontlike koalisie regering saam te stel.

Die Sosiaal Demokrate kon nie daarin slaag om ’n volstrekte meerderheid te kry nie, en sal alles in sy vermoë doen om met van die kleiner partye ’n koalisie saam te stel.

Die leier van die Sosiaal Demokrate sê sy party is gereed om onderhandelings te voer met ander partye, en die voormalige premier, Zoran Zaev, het sy vreugde uitgespreek oor die uitslag, alhoewel sy meerderheid aansienlik gedaal het.

Die Sosiaal Demokrate sal 46 verteenwoordigers in die parlement hê, wat slegs twee setels meer is as die konserwatiewes.

Die parlement word saamgestel uit 120 parlementslede, waarvan die ander 30 setels deur die etniese Albaniese Demokrate beheer word.