Munisipaliteite SA se doodsklok

Munisipaliteite is deels die hoofrede waarom die land in ’n finansiële gemors verkeer, en die feit dat sowat 80% van alle munisipaliteite daarvoor verantwoordelik is, maak dit kommerwekkend.

Dit is die opmerking van ’n Suid-Afrikaanse ekonoom wat die optrede en werksaamhede van munisipale amptenare bestudeer.

Die mening is uitgespreek dat die munisipaliteite voor die voet met nuwe amptenare wat opgewasse en betroubaar is, vervang word.

Dit is veral diegene wat op een of ander wyse betrokke is by tenders, en die rekeninge afdelings asook die punte waar geld betrokke is.

Enkele dae gelede het die Ouditeur-Generaal ’n dringende waarskuwing gerig aan plaaslike owerhede dat hulle verantwoordelik gehou kan word vir die ineenstorting van plaaslike regerings strukture.

Die afgelope ouditering van munisipaliteite het die resultate ’n uitermatige hoe vlak van ongerymdhede weerspieël en is die styging in die ongerymdhede sowat R7 miljard meer as die vorige jaar.

Ingeligte bronne beweer dat die inmekaar val van munisipaliteite nie uitgesluit is as moontlikheid wat ook sal beteken die hele diens van plaaslike owerhede in die land is weens wanbestuur bankrot en gedwing tot stilstand.