Moody’s sien nie verbeterings in SA

Die bekende Moody’s graderings agentskap het in sy jongste verslag dit onomwonde gestel dat daar nie vir die nabye toekoms enige moontlikheid bestaan vir ’n opgradering van SA se status nie.

Die Agentskap wat Suid-Afrika een vlak benede beleggings waardes gegradeer het, is klaarblyklik nie beïndruk met die ANC regering se ekonomiese plan vir die tydperk na afloop van die pandemie nie.

Volgens onbevestigde berigte wil die regering sy skuldlas verlaag deur gebruik te maak van pensioen- en spaargeld wat kan lei tot ’n algehele ramp in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse ekonomie.

Moody’s wys daarop dat die toenemende verswakking van die land se fiskale posisie en die uitermatige swak ekonomiese stand, maak dat die moontlikheid vir verbeterings in die komende maande uiters skraal lyk.