Miljoene kinders sonder skool toegang

Tot soveel as 9,7 miljoen kinders wat geraak word deur skole wat in die wêreld gesluit moes word, se kanse om ooit weer skoolopleiding te kry, het vervaag.

Dit is die waarneming van ’n internasionale organisasie, “Red die Kinders” volgens ’n verslag wat pas vrygestel is.

Die ekonomiese werklikhede weens die invloed van die Covid-19 pandemie hou die gevaar is dat 90 tot 117 miljoen kinders in die wêreld in groter armoede gedompel is.

Die organisasie sê die tyd het aangebreek dat die kinders gered moet word, en het gevolglik verklaar dat dit ’n “opvoeding noodtoestand” is wat dringende hulp vereis.

Die beskuldiging word gemaak dat regerings van die wêreld misluk om behoorlike voorsiening te maak vir skoolopleiding en gesondheid dienste.