Miljoene deur moeson reëns ontwrig

Vloede en modderstortings weens die swaar neerslae van moesonreëns in Indië, Nepal en Bangladesh het meer as vier miljoen mense ontwrig in die afgelope paar dae.

Byna 200 mense is in die ongekende swaar weersomstandighede dood en ’n onbekende aantal word vermis.

Die ontwrigte mense in die Suid Asië gebied kon nie na ander gebiede verskuif word weens die onbegaanbaarheid van paaie en brûe wat verspoel en in riviere omskep is.

Die geweldige watergolwe in die noordelike deel van Indië het byna drie miljoen mense so ontwrig dat vrese bestaan vir hulle situasie wat talle sterftes kan meebring.

Riviere oorstroom die walle, en die gevaar merk van die strome is reeds oorskrei terwyl reddingswerkers magteloos is om die massa mense te bereik waar kos en drinkwater nou n ernstige tekort raak.

Dit is veral die inwoners van laag liggende gebiede wat die swaarste getref is, en die modderstortings is so hewig dat voertuie en ander besittings daardeur begrawe word.