Mboweni se slagyster wag

Die slagyster is gestel wat die Minister van Finansies, Tito Mboweni, aan die voet gaan gryp oor SAL se skulde, sê ekonomiese deskundiges.

Die minister is in ’n lokval want nou is die regering verantwoordelik om sowat R16 miljard te vind om die bankrot lugredery lewendig te hou.

Waarnemers wys daarop dat Mboweni dalk geen ander keuse gaan kry nie as om van die Covid pandemie se Noodfonds die R16 miljard te gryp.

Indien dit sou gebeur, gaan duisende swartmense en hulle vakbonde op die agtervoet wees, want dit is geld wat die mense se nood moet verlig, word gesê.

Die argument saal waarskynlik wees dat die R16 miljard ook aan SAL oorgedra word om sowat 2,500 werksgeleenthede staande te hou, maar die minister was voorheen baie vasbeslote toe gesê is dat daar geen geld verder aan SAL oorbetaal gaan word nie.

Ontleders reken dat ’n nuwe lugredery soos wat deur die ANC regering beoog was, nie sonder geld kan begin nie, wat die vraag laat ontstaan hoeveel dit sal kos, en waar die geld vandaan sal kom.

Vliegtuie moet oorgeneem word van SAL as ’n nuwe redery gevestig word, en geen waarborge bestaan dat dit ook dieselfde pad sal loop as SAL nie.