Mantashe en gade toets positief

Gwede Mantashe

Die Minister van Minerale Hulpbronne en Energie, Gwede Mantashe, en sy vrou is positief getoets vir infeksie met die nuwe koronavirus.

In ’n amptelike verklaring van die ANC kabinet word bevestig dat Mantashe en sy vrou positief getoets is vir Covid019 koronavirus.

Die egpaar is tans onder kwarantyn deur self isolasie by hulle woning vanwaar hy glo sal voortgaan met sy wek as minister.

Die infeksie van die minister het weereens die fokus geplaas op die belangrikheid van die basiese maatreëls wat deur almal toegepas moet word om te voorkom dat die snelheid van verspreiding verder verhoog.

Suid-Afrika is een van die top lande wat betref infeksie, en soos die nuwe infeksies toeneem, so neem die sterftes ook toe teen ’n onrusbarende tempo.

Die adjunkminister van Sosiale Ontwikkeling, ene Hendriëtta Bogopane-Zulu is ook positief gediagnoseer en verkeer in self isolasie.