Lewens in gevaar weens korrupsie

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging se in sy verslag dat die korrupsie in regerings departemente mense se lewens in gevaar stel.

Dit is veral die korrupsie wat in die provinsies se Departement van Gesondheid is, wat van belang is, aangesien die toerusting aangekoop word met die doel om mense se lewens te beskerm, maar nou word die tenders en koop transaksies so verwring dat die doel geheel en al gemis word.

Die Mediese Vereniging wys daarop dat die korrupsie wat gepleeg word met mediese toerusting en medisinale produkte nie net die land se ekonomie laat skade ly nie, maar plaas ook mense se lewens in gevaar en op risiko.

Die woordvoerder van die Mediese Vereniging wys daarop dat daar die afgelope weke verskeie voorvalle van beweerde korrupsie voorgekom het in die Gesondheid afdelings, waarvan die woordvoerder van die ANC se president ook in die beskuldigingsbank is.

Kenners sê die voorsitter van die SA Mediese Vereniging, dr. Coetzee, het die waarheid in ’n neutedop saamgevat en die regering moet hiervan kennis neem.