Latyns Amerika nou Covid brandpunt

Die nuwe koronavirus pandemie se nuwe gevalle in die Latyns Amerikaanse state het nou die gesamentlike nuwe gevalle van Amerika en Kanada verby gesteek.

Dit is nou die eerste keer dat die gesamentlike nuwe infeksie gevalle van die Latyns Amerikaanse state mee is as in die VSA.

Sondag was die nuwe Covid-19 gevalle van infeksie in Brasilië, Meksiko, Peru, Columbië en Argentinië die nuwe en grootste brandpunt in die wêreld, en hou die gebied nou 27% van die wêreld se nuwe infeksies.

 Die Suid-Amerikaanse lande het nou ’n gesamentlike 4,4 miljoen nuwe gevalle van infeksie, teenoor die 4,3 miljoen gevalle in Kanada en die VSA.

Amerika bly egter die land wat die grootste aantal infeksies het met 4,2 miljoen gevalle en 146,000 mense wat gesterf het, met Brasilië in die tweede plek met 2,4 miljoen infeksies en 87,000 sterftes.