Landbank kan nie betaal nie

Die Landbank het erken dat hy die rente op sy skuld wat nou betaal moes word, nie kan bybring nie, en dit het menige instansies in vrees gelaat dat die Bank nie staande gaan bly nie.

Die afgelope Maandag moes die Landbank net meer as R29 miljoen opdok, maar het enkele dae tevore kennis gegee dat hy nie oor die middele beskik om die verpligting na te kom nie.

Dit is die derde keer sedert April vanjaar dat die Bank kennis gegee het van sy onvermoë om die rente verskuldig te betaal.

Die Landbank se wankelende toestand het die landbouers en die landbou organisasies erg bekommerd want dit kan die boere in ’n uiters netelige posisie plaas as die bank tuimel.

Die Landbank se finansiële krisis is die hoeveelste staats entiteit wat besig is om in duie te stort, en die reuse bedrag waarvoor goedgestaan is deur die ANC regering om die bank staande te hou, maak die dilemma nog meer ingewikkeld.