Korrupsie steeds in SA

Terwyl die ANC regime met die verkiesing van ’n nuwe president in plek van Jacob Zuma, is die kiesers daarvan belowe dat korrupsie beëindig gaan word.

Die organisasie “Corruption Watch” beweer nou dat daar grootskaalse korrupsie in die gesondheid stelsel van die land is, waarvan die media klaarblyklik onbewus is.

Tenders en ander wyses van ongerymdhede duur reeds voort vir etlike jare, en dit wil lyk asof geen vervolgingsgesag ondersoek doen na die bewerings nie.

Volgens die waghond organisasie is sowat 28,000 klagtes van moontlike korrupsie ontvang in die afgelope aantal  jare, maar of enige iemand daarvoor tot verantwoording geroep is, bly ’n duistere geheim.

Intussen is verneem dat daar ook ’n grootskaalse oneerlikheid ondervind word van mense wat eise in handig by die Werkloosheid Versekerings Fonds terwyl hulle hoegenaamd nie kwalifiseer om te deel in die Noodfonds wat deur die regering ingestel is nie.

Meer as 4,000 onwettige eise is binne een maand ingedien, en waarnemers reken dat daar waarskynlik veel meer sulke eise ingedien is wat bes moontlik die toelaag ontvang het.