Korrupsie in Noord-Wes met Noodfonds?

M maatskappy wat sanitêre middels bemark jet aan die JB Marks Munisipaliteit reinigingsmiddels aangebied wat R750 per liter kos.

Die middel sou vanselfsprekend uit die munisipaliteit se Covid-19 fonds betaal word want dit is waarvoor dit gebruik word.

Ten einde genoeg voorraad aan te hou, sou beteken dat meer as R11 miljoen betaal sou moes word, maar dit lyk of die maatskappy toe ’n bloutjie geloop het want die munisipale amptenare het net wenkbroue gelig en kop geskud vir nee dankie.

Die gebeure het egter nie die munisipaliteit laat roem toe hy in die parlementêre komitee verslag moes doen oor uitgawes nie.

Die staande komitee oor munisipale rekeninge het egter die munisipaliteit se voorlegging van net meer as R11 miljoen aan uitgawes bevraagteken en gevra wat is die rede dat so ’n bedrag voorgelê word teryl die werklike uitgawes meer as R47 miljoen beloop het.