Kopkrapper: Massa olifant-sterftes

Deskundiges sê die uitwissing van olifante in Botswana kan nie summier aan vreemde elemente toegeskryf word wat agter ivoor aan is nie.

Die geheimsinnige wyse waarop 275 olifante in die Okavango Delta gebied dood aangetref is, het almal aan die raai en is die berigte aan die internasionale media deurgegee.

Die Minister van Toerisme in die land sê die gerug dat 365 olifante dood is, was fop nuus wat deur kwaadwillige mense die wêreld ingestuur is.

Die ondersoek wat na die gebeure gevolg het, het geen bewyse gelewer dat wildstropers of ivoor diewe betrokke was nie, en dit maak die aangeleentheid nog meer geheimsinnige.