Khayelitsha brand Eskom voertuig

Mense van die swart woonbuurt Khayelitsha het in alle rigtings laat spaander toe ’n voertuig van Eskom deur agitators aan die brand gesteek is.

Die vermoede bestaan dat die Eskom voertuig deel was van ’n waarneming span wat die krag diewe se werk ongedaan wou maak.

Die Eskom bestuur het ook waarskuwings uitgereik dat enige poging om die kragvoorsiener se werkers te verhinder om hulle taak te verrig, gevaar loop om nie net met die gereg te bots nie, maar ook sonder waarskuwings van krag toevoer afgesny kan word.

Eskom beweer dat hy die woonbuurt ingegaan het om noodsaaklike onderhoudswerk te doen toe die voertuig aan die brand gesteek is.

Eskom het in verskeie woonbuurte ’n “krag vermindering” stelsel begin waar grootskaalse krag stelery en onbetaalde kragrekenings dit nodig gemaak het.