Kalifornië raak virus-roekeloos

Die Amerikaanse deelstaat Kalifornië het so onverskillig geword met hul benadering oor COVID-19 gevalle, dat hulle nou die grootste aantal infeksies per dag aanteken in die land.

Die daaglikse koronavirus toename het nou gestyg tot meer as 8,000 vir ’n 24 uur tydperk, en gesondheid deskundiges wys daarop dat die sterftes skielik die hoogte ingeskiet het.

Die owerheid het bevestig dat 6,000 sterftes aangemeld is, maar dat die mense klaarblyklik gewag het vir die aanbreek van die somer seisoen om sonder voorsorgmaatreëls die strande te besoek.

Ingeligte bronne sê die mense is moeg daarvan om sosiale afstand te handhaaf, wil nie maskers dra nie, en gereelde hande was en ander higiëniese maatreëls word geïgnoreer.

Amerika het by verre die grootste aantal infeksie gevalle, en die totale sterftes het rekord hoogtes bereik.

 Kalifornië se hospitale het intussen ’n toename in pasiënte van 43% ervaar oor die afgelope twee weke, maar die indruk is dat dit geen indruk op die mense maak nie.