Johannesburg nou duurste stad

Die Goudstad

In ’n onlangse opname oor Suid-Afrika se grootste stede, het Johannesburg die onbenydenswaardige status bereik dat hy die land se duurste stad is en daarmee die jarelange een, Pretoria, verby gegaan het.

Die opname wat wêreldwyd gedoen word, neem New York as maatstaf met ’n 100 punte en as ’n ander stad 80 punte behaal, is hy met 20 punte goedkoper as New York.

Verskeie aspekte word in ag geneem soos huur tariewe, voedsel pryse, vervoer koste, vermaak en ander belangrike komponente van die mens se leefstyl.

Gemeet teen die stede van die wêreld, is die Goudstad egter veel goedkoper as 341 ander stede, en het ’n punte telling van net meer as 40 gehad.

Pretoria verskyn 361 ste op die wêreld lys met ’n punte telling van net meer as 38, terwyl Kaapstad 367 en Durban 396 ste is.

Switserland en Noorweë het die wereld se duurste stede om in te woon, met Switserland wat 30% duurder is as die Amerikaanse stad New York.