Jeug kan Turkse president sink

Miljoene van die Turkse jeug sal binnekort die ouderdom bereik om ook na die stembus te gaan tydens verkiesings, en dit is die huidige president, Recep Tayyip Erdogan, se grootste bekommernis.

Alhoewel hy nou reeds begin met jeug aksies met die doel om hulle steun te werf, wil dit lyk of die president se pogings nie suksesvol is nie, want ’n meerderheid wil niks hoor van Erdogan nie.

Die jeug is redelik rebels, wil nie gemanipuleer word deur politieke leiers wie hulle nie altyd kan vertrou nie, en is besig om ’n eie politieke staanplek te vestig, word gesê.

In Turkye praat almal van die “generasie Z” –  dit is ’n term wat terug verwys na die boorlinge van die tydperk van die aanbreek van die nuwe millennium.

Erdogan se regerende party, die Islam-konserwatiewe “Geregtigheid en Ontwikkeling Party” se gewildheid taan met die koms van ’n opposisieparty waarvan die leier ’n voormalige Erdogan kabinetsminister is.

Die pandemie het soos in byna elke land, ook sy kontingent wat ontevrede is van hoe die regering die inperking hanteer het, wat ook die strop nuer trek vir die president.