Jemen oorlog kan dalk beëindig word.

Die Suidelike Oorgangsraad in Jemen het die deklarasie van self regering opsy geskuif na groot druk toegepas is deur Saoedi Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate.

Hierdie gebeurlikheid kan daartoe lei dat die weg gebaan is vir vrede samesprekings om hervat te word in die oorlog vernielde landstreek.

Die Suidelike Separatiste van Jemen het Woensdag afstand gedoen van die eis en deklarasie om selfregering en fokus nou op die moontlikheid van vredes onderhandelings waarby Saoedi betrokke kan wees.

Die Suidelike Oorgangsraad het gesê met die stap om afstand te doen van die deklarasie van selfregering, is die doel bereik wat kan lei ot vrede in Jemen.

Die magsdeling ooreenkoms wat bekend staan as die Rivadh Ooreenkoms is onderteken in die hoofstad van Saoedi, en was bedoel om die lang uitgerekte stryd te beëindig, maar nou het die moontlikheid vergroot om die onderhandelings te hervat wat hopelik sal lei tot vrede.