Japan help Emirate met ruimtevaart

’n Ruimte ondersoek van die Verenigde Arabiese Emirate wat met behulp van die Japanse ruimtevaart agentskap werk, het begin me. die lansering van ’n tuig wat nou onderweg is na die Rooi Planeet.

Die Emirate se lanseerder vuurpyl is die eerste van sy soort uit die Arabiese wêreld wat navorsing doen oor klimaat en atmosferiese eienskappe.

Die Emirate se ruimtetuig, wat :Hoop: gedoop is, het die ruimte ingeskiet vanaf die Japanese Tanegashima Ruimte Sentrum.

Die verwagting is dat die tuig sy bestemming by Mars teen Februarie 2021 sal bereik om vir sowat twee jaar lank om die Rooi Planeet te wentel.

Toerusting aan boord van die vaartuig sal ondermeer ook klimaatsveranderings waarneem wat op Mars plaasvind, en gegewens deur stuur na die aarde oor atmosferiese neigings in die ruimte.

Die tuig sal ’n eerste wees wat die atmosferiese wisseling in die verskillende seisoene van Mars vaslê vir die toekomstige moontlikheid om besoekers na die planeet te stuur.