Italiaanse kuswag poog om walvis te red

Die Italiaanse kuswag het dae lank gesukkel om ’n walvis te verlos uit ’n visnet waarim hy verstrengel geraak het en uiteindelik sou doodgaan as mense se hulp nie opgedaag het nie.

Die vis was in die nabygeleë eilande van Italieq toe die kuswag vasgestel het dat die dier abnormaal optree in ’n poging om van die visnet ontslae te raak.

Toe die kuswag Saterdag die spartelende walvis gewaar was dit reeds duidelik dat hy nie daarin sou slaag om homself te bevry uit die net wat onwettig is, en in die see agtergelaat is nie.

Die woordvoerder van die kuswag het gesê die massiewe groot vis was toe reeds so geïrriteer dat hy gevaarlik kon wees, en die kuswag het wel dae lank gesukkel om die dier te bevry, danksy hulle ondervinding van kort tevore toe ’n ander walvis ook in ’n net verstrik geraak het en hulle hom kon bevry.

Die kuswag se woordvoerder sê die visnette wat in die see agtergelaat word is nie net onwettig nie, maar verrig ook groot skade aan die diere.

Dit het minstens 36 uur se aktiewe werk geverg om die grootste deel van die net verwyder te kry, en die oorblywende is deur die vis verwyder, wat later deur die kuswag seker gemaak het dat die stukke visnet opgepik word om nie weer seediere te verstrengel nie.

Op ’n stadium is ’n lig aan die vis se stert vasgemaak om seker te maak hulle verloor nie die dier in die donker nie.