Iran sê miljoene inwoners het infeksie

President Hassan Rouhani

 President Hassan Rouhani van Iran het die afgelope naweek gesê daar is duisende mense meer as wat die amptelike syfers van sy land aangee, wat infeksie van die nuwe koronavirus opgedoen het.

Die president sê dat tot 25 miljoen mense in die land infeksie opgedoen het, en 35 miljoen is nog in die gevaar sone op infeksie op te doen.

Die regering het nog nuwe maatreëls ingestel in ’n poging om die verspreiding te bekamp, maar fokus veral op die gebiede in en om die hoofstad asook ander digbewoonde gebiede.

Die besonderhede is tydens ’n TV onderhoud gemaak, en Rouhani se syfers word deur baie bevraagteken, aangesien die amptelike syfer Saterdag op 271,606 infeksies gestaan het.

Die kantoor van die president het gesê die syfers wat verstrek is word gebaseer op ’n “beraamde moontlikheid” en dit word gestel op 25 miljoen Irannese inwoners wat infeksie opgedoen het waarvan 14,000 hulle lewens verloor het tot nou toe.