Inperking wek kommer oor geestesgesondheid

Die langdurige inperking waaronder mense tans gebuk gaan het ’n negatiewe uitwerking op die geestesgesondheid van duisende mense.

Die verbod by tehuise en aftree oorde is van die plekke wat die swaarste getref word, aangesien dit mense is wat reeds die aftree ouderdom bereik het en nou in hulle woonplekke moet bly sonder dat iemand besoek bring.

Kenners sê die toestand lei tot ernstige geestestoestande wat ondermeer depressie en algehele negatiwiteit veroorsaak, veral omdat die gewoonte van familie wat besoeke bring, skielik beëindig is en nou vir maande nie toegelaat word om besoeke te bring nie.

Die pandemie het ook ’n nadelige uitwerking op die werkende mense wat ’n vermindering in salaris moes aanvaar, en ander moes aflegging beleef en hoop op ’n paar Rand uit die regering se Noodfonds.

Dit het ook spanning veroorsaak, want die mense is gewoond daaraan om hulle finansiële verpliginge van huis paaiemente, versekering en noodsaaklike lewensmiddele getrou na te kom, maar die tekort aan geld het daardie situasie radikaal laat verander, en word die spanning ondraaglik wat veroorsaak dat die geestesgesondheid daaronder lei.

Die regering het die pandemie se uitwerking benader met die fokus op mense se lewens, en die herstel van die ekonomie, maar die spanning en geestestoestand van die wat in ’n erge krisis beland het, word nie verreken nie.