Indië kry Franse vegvliegtuie

Die eerste vyf nuwe vegvliegtuie uit Frankryk is die jongste toevoeging tot Indië se lugmag te midde van spanning tussen die land en die Sjinese vasteland.

Die regering van Indië het 36 Rafale vegvliegtuie aangekoop van Frankryk om sy lugmag se slaankrag op te skerp.

Die eerste vyf vegvliegtuie wat deel uitmaak van ’n multi-miljard dollar bestelling van die Franse se gesofistikeerde vegvliegtuie is in ontvangs geneem in die aanwesigheid van die Indiese premier en ander hooggeplaastes.

Die bestelling van 36 Rafale vliegtuie ten bedrae van sowat $9.4 miljard sal in die volgende maande afgelewer word, waarvan die laastes teen die einde van 2021 sal wees.