In Casino mag jy rook!

Onbevestigde berigte het Die Vryburger bereik van joernaliste wat meer as een casino besoek het waar die besoekers toegelaat is om te rook.

Een so ’n casino is glo die Suncoast in die Durban omgewing wat klaarblyklik toegelaat is dat mense mag rook.

’n Waarnemer het gesê die indruk is gelaat dat die casino werkers heel gemaklik voorgekom het met die feit dat besoekers rook in die afdeling waar rokers gewoonlik verkeer.

Rookwolke is die lug ingeblaas en die rokers het nie enige probleem gesien dat hulle dalk vasgevat sou word nie.

Casinos is toegelaat om te heropen, maar die rook verbod is steeds van krag en is dit ’n bron van kommer dat die rokers ooglopend en ongehinderd voortgaan asof hulle geen wet oortree nie.

Intussen het wetenskaplikes daarop gewys dat die gebruik van alkoholiese drank gedurende die grendel tyd, ’n groot gevaar inhou om die virus te versprei, en word ook geargumenteer dat besope mense met infeksie nie in staat is om die sosiale afstand na te kom nie.