IMF stel duidelike voorwaardes vir SA

Minister Mboweni

Die Internasionale Monitêre Fonds (IMF) het nie net R70 miljard gegee sonder om Suid-Afrika kontraktueel vas te knoop nie.

Die IMF het in sy verduideliking gesê daar is geen rede waarom Suid-Afrika nie die lening sal kan terugbetaal volgens wat ooreengekom is nie.

In die ooreenkoms is dit gestel dat die R70 miljard oor ’n termyn van vyf jaar terugbetaalbaar is met ’n rentekoers van 1.1%.

Dit eindig egter nie daar nie. Indien die SA geldeenheid, die Rand, verswak in die tydperk, sal ’n ander rentekoers van krag wees, alhoewel dit nie bekend is wat die joers sal wees nie en of dit verband sal hou met hoeveel die Rand verswak.

Die IMF het ook versoek dat die Suid-Afrikaanse Tesourie van Minister Mboweni sekere hervormings moet begin toepas, maar ook dit is nie duidelik uitgespel nie.

Die regering se skuldlas word geprojekteer dat dit kan styg tot meer as 80% van die Bruto Binnelandse Produk, en die probleem word vererger deur die feit dat die Covid-pandemie veroorsaak het dat ’n verwagte daling aan inkomstebelasting vir die staat. Die bedrag word op sowat R300 miljard gestel wat minister Mboweni nie gaan kry nie weens die werkloosheid en vermindering in inkomste van duisende wat hulle werk behou het maar met ’n vermindering aan inkomste.

Hoe die Minister van Finansies die skuldlas gaan betaal en die pot plaalik aan die kook gaan hou, sal herder denke en skerper besluite verg.