IMF staan lening toe aan SA

Die Internasionale Monitêre Fonds (IMF) het na lang onderhandelings ingestem tot ’n lening aan Suid-Afrika, wat waarskynlik aan die einde van Julie in ontvangs geneem sal word.

Die nodige dokumente is voorberei en minister Tito Mboweni moet die ondertekening doen van SA se voorneme van terugbetaling.

Die president het by verskeie geleenthede in die afgelope maande van die pandemie, daarop gewys dat R500 miljard aan lenings beskikbaar gestel gaan word om die nood onder mense te verlig wat gebuk gaan onder die moeilike omstandighede waarin die Covid-19 pandemie die mense gelaat het.

Nagenoeg R70 miljard is deur die IMF beskikbaar gestel as ’n lening wat aangewend kan word as deel van die noodfonds, terwyl ander instansies soos die Ontwikkelingsbank en andere finansiering moet doen.