IMF lening dalk ’n slenter

Al wat leef is begaan oor die feit dat Suid-Afrika goedgekeur is om ’n R70 miljard lening aan te gaan by die Internasionale Monitêre Fonds (IMF).

Daar is ook groot gewag gemaak van die feit dat die IMF slegs 1.1% rente hef op die reuse bedrag.

Ingeligte bronne sê daar steek veel mee agter die ooreenkoms as wat algemeen aanvaar word, veal as in ag geneem word dat die IMF nie lenings toestaan aan lande wat deur die graderings agentskappe tot rommelstatus afgradeer het nie.

Suid-Afrika is deur drie graderings agentskappe afgradeer tot rommelstatus, wat die vraag laat ontstaan watter motivering is ingebring om dit moontlik te maak.

Suid-Afrika is een van die 5 lande wat saam met die kommunistiese Sjina en Rusland hulle eie monitêre bank tot stand gebring het om nie langer met die IMF sake te doen nie.

Die Brics lande, Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika vorm die Brics lande, en word beskou as die rebelle wat weggebreek het van die IMF.

Ontleders vermoed dat die IMF met die stap, en met die lae rentekoers, ten doel kan hê om Suid-Afrika terug te kry in die IMF kamp, maar daar is ook diegene wat meer die IMF se optrede is onwettig en uiters verdag, en kan op ’n nuwe korrupsie metode dui, is gesê.