Hong Kong vier sy nuwe veiligheidswet

Die sekuriteit maatreëls was op eg kommunistiese wyse gehandhaaf toe Hong Kong enkele ure later in die dag sy “feestelike” byeenkoms gehou het om die uitermatige omstrede veiligheidswet se aanvaarding, gevier het.

  Die wet wat meer slaankrag teen die pro-demokrate sal bied, is Woensdag finaal op die kommunistiese wetboeke ingeskryf om dadelik van krag te word.

Die wet kom in werking na Hong Kong sy 23 ste jaar van onafhanklikheid van Brittanje herdenk het en daarna ingelyf is as deel van Sjina.

Die nuwe wet maak voorsiening vir misdade soos afskeiding van Sjina wat deur die polisie en weermag van Sjina teengestaan sal word.

Die kommunisties gesinde hoof van Hong Kong se regering, Carrie Lam, sê die deurvoer van die nuwe wet is die grootste enige gebeurtenis sedert die stad deur Brittanje oorhandig is aan Sjina.