Hong Kong opposisie gereed vir 2 de verkiesing

Slegs opposisiepartye van Hong Kong neem deel aan die stad se primêre verkiesings en die pro-demokrate is gereed daarvoor te midde van die Sjinese se invloed met sy “veiligheidswet”.

Die verkiesing wat op 6 September sal plaasvind, het die verwagting geskep dat die demokrate 35 of meer verteenwoordigers in die raad sal kry uit die totaal van 70, sodat die Sjinese voorstelle geblokkeer kan word.

Opnames vaan ’n moontlike uitslag wat verwag word is so uiteenlopend dat geeneen daarvan betroubaar genoeg is om te aanvaar nie.

Sjina vrees dat Hong Kong se inwoners moontlik ’n referendum kan hou om af te skei van enige ander land, want die kommunistiese regeiing van Beijing poog om sy beheer verder uit te brei in verskillende streke, waarvan Taiwan ook een is wat hy meer direk wil regeer.

Terwyl die demokrate besig is met plakkate en rigting wysers na stemlokale, is die polisie wat nou met groter mag beklee is, op die uitkyk om te enige tyd toe te slaan op die opposisieparty se mense.

Een van die opposisieleiers het gesê hulle vra die vrye wêreld om kennis te neem van wat in Hong Kong gebeur, en vra groter betrokkenheid en steun vir die demokrasie.