Hong Kong demokrate stem flink

Die primêre verkiesing in Hong Kong wat slegs vir opposisie partye gehou word, het verrassings opgelewer te midde van die nuwe veiligheidswet van die Sjinese regering.

Die pro-demokrasie kiesers het groot getalle kiesers getrek uit protes teen die nuwe wet wat as kommunistiese intimidasie beskou word teen die opponerende inwoners van die stad.

Die stemming is gesien as ’n toets van weerstand teen Beijing se nuwe wet, en Sondag se verkiesing het meer as 610,000 inwoners laat stem.

Inwoners het in lang rye by die 250 stemlokale gestaan en geduldig hulle beurt afgewag om te stem, en die reëlingskomitee sê dit het alle verwagtinge oortref.

“Die uitslag is ook ’n boodskap wat sê Hong Kong se inwoners sal nooit buig voor Beijing nie” het een van die organiseerders gesê.

Die vooraf verkiesing het getoon dat die pro-demokrate in die raadsverkiesing van September weer in groot getalle gesteun gaan word.