Honderde skole deur vandale beskadig

Angie Motshekga

Die omstrede Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, het bekend gemaak dat 1,718 skole gedurende die grendel tydperk beskadig of besteel is van toerusting.

Die skokkende inligting dui op ’n tyd van anargie wat losgebars het, en uitermatige swak bestuur van die regering wat nie ’n wakende oog gehou het oor geboue van baie skole nie.

Benewens die feit dat dit voorkom of geen vandalis in hegtenis geneem is nie, is daar volgens waarnemers voldoende rede om ook ’n finger te wys na die Minister van Polisie en die Minister van Verdediging wat in gebreke gebly het om soldate of polisiebeamptes by skole te ontplooi.

Met ’n bedenklike rekord van die Departement van Onderwys oor die opvoeding van leerlinge, het die skade aan honderde skole se eiendom die opvoeding in SA nog ’n tree verder laat terugval.

Die regering het ’n bewese rekord van huiwering om behoorlike instandhouding te doen, en met die ekonomiese krisis waarin die land verkeer, kan te wagte wees dat herstel en vervanging van goedere nie gou gaan plaasvind nie.